News and Media

2007-08-13

Back to news and media
Print this page

Die Nasionale dag van die Afrika kind

http://www.tocare.co.za/news_display.php?id=24

Die Afrika Instituut vir Missiologie (AIM) in Hammanskraal rel jaarliks massabyeenkomste vir die kleuterskole van die gemeenskap rondom spesifieke temas Daar is geen parke en speelareas in Hammanskraal om afleiding aan die kinders te verskaf nie . AIM probeer dus om organisasies in die gemeenskap te help met die beplanning en organisering van geleenthede wat 地 verskil in die dag-tot-dag lewe van veral kleuters kan maak.

AIM het in 2006 die eerste keer saam met die Hammanskraal Umbrella,地 liggaam wat 50 kleuterskole verteenwoordig, 地 dag aangebied vir kinders tussen die ouderdomme van 3 maande en 6 jaar. Hierdie jaar is die Internasionale Dag van die Afrika Kind op 16 Junie by die Bethesda Orphan Village in Hammanskraal gehou. Bethesda Orphan Village het gefokus op aktiwiteite vir die jeug omdat dit ook Nasionale Jeugdag was.

Ongeveer 1 000 kleuters,ouers en jeugdiges het die dag bygewoon. SOAPkidz,地 organisasie wat fokus op opvoedingsprogramme oor die bewaring van die omgewing en die gebruik van herwinningsmateriaal, het die kinders se verbeelding aangegryp met demonstrasies oor hoe om 地 selfoon te maak van kartonboksies, dra-sakkies van tydskrifbladsye, 地 musiekinstrument van bottels en sade en 地 Afrika collage op ou papier met grond, grassies en stokkies.

Playball,地 franchise wat fokus op stimulerende sportspeletjies vir kinders, het saam met die Pretoria Dieretuin op wiele vir baie pret en plesier gesorg, terwyl die Suid Afrikaanse Weermag se Wallmansthal-basis 地 uitstalling aangebied het van Ratel en die Casspir-voertuie asook 地 kort verduideliking oor die rol van die weermag. Ds Johan Smit het Oos Rand Stereo se buite-uitsendingseenheid bedryf en deur woord en musiek bygedra tot die feestelike atmosfeer.

Die AIM-studente het hulle eie poppekas ontwerp en die kinders het aan die karakters se lippe gehang terwyl die stories van Adam en Eva en Noag en sy Ark voor hulle afgespeel het.

Hierdie hoogtepunt in die lewens van Hammanskraal se kinders is moontlik gemaak deur vele donasies en borge: Enterprise Foods het 1 726 viennas geskenk, Renbro Spar broodrolletjies en ander benodighede en Hammanskraal Fruit and Veg 50 sakke lemoene. 地 Kontantdonasie van Carousel Casino het koeldrank en lekkergoed vir die kleinspan gekoop.

Ongeveer 80 vrywilligers, insluitend werknemers van Primedia, jongmense van die gemeentes van die MRCC, en die AIM studente het hulle tyd geskenk. Baie dankie vir almal wat 地 verskil gemaak het vir hierdie kinders!