Eco-Orienteering

2011-08-07


View photo album
Back to past events
Print this page

Eco-orienteering

Report back

By Karen Hauptfleisch

Dit is nie aldag wat mens 30 kinders en 20 vrywilligers opgewonde deur doringdrade sien klouter nie, maar dit was maar net die begin van ‘n dag gepak met avonture in die natuur vir kinders van die Kosmos Kinderhuis in Kriel en meisies van die Tshwane Home of Hope.

SOAPkidz (Sunrise on Africa’s Peaks Kidz), ‘n nie-winsgewende organisasie, werk nou saam met RACO (Rand Athletic Club Orienteering) om verskeie vaardighede vir minderbevoorregte kinders te leer. Alles geskied te midde van groot opgewondenheid, waar elkeen kans kry om weer kind te wees – in die natuur, waar ons altyd iets teruggee vir moeder Aarde.

Nadat die kinders in spannetjies opgedeel is, ontvang elkeen ‘n kaart. Nadat ‘n gepaste naam gekies is, spring hulle weg en die “skatte” word dan met oorgawe gesoek.

Sommige spannetjies voel “soos die kraai vlieg” is meer gepas, terwyl die meer besadiges by die wyse “padlangs&rdsquo; hou. Daar word oor heinings geklouter – en mens is nie aldag seker of ‘n spannetjie vullis ontdek het, of die bekose vlaggie as die vreugdevolle krete weergalm.

Nadat al die spanne hulle laaste vlaggie gekry het, word daar ‘n trou gegryp, en almal neem lustig deel aan toutrek.

Dis nie lank voor kranige boomklimmers ons monde laat ophang nie – en toe ons te benoud raak, word daar oorlogkrete geuiter, en nog prysuitdelings volg.

Teen 13h00 is al die worsrolletjies verslind en almal begin lang gape gee. Dit was ‘n dag propvol avonture, en almal vertrek met ‘n warm gevoel in hul harte. SOAPkidz is ‘n nie-winsgewende organisasie wat sedert 2005 meer as 13 000 minder bevoorregte kinders op natuur uitstappies geneem het. Hulle is afhanklik van skenkings. Besoek gerus hulle webblad www.soapkidz.org en raak betrokke.


Doornpoort Orienteering

Event info

Click here to download




View photo album